Landbouweekblad 24 September 2010

Charl van Rooyen This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Boereplan


"Nog ’n inskrywing in ons kompetisie vir boerplanne en -patente wat werk. Elke maand word twee wenners aangewys. Hulle wen elk ’n kontantprys van R5 000.

Klub woeker met hul Boerbokke
Hierdie klub gaan uit sy pad om te sorg dat sy lede altyd oor genoeg inligting beskik om ’n sukses van hul boerdery te maak. Dit sluit selfs hul eie webwerf, vraerubrieke en opleidingsessies in.


Deeglike en gereelde kommunikasie  deur  verskillende  kanale  –  van  die internet tot die drukmedia – dra by tot die groot sukses wat die Bosveld-Boerbokklub  deur  die jare behaal het. Die klub bestaan reeds 36 jaar en het steeds net een doel voor oë, naamlik om dit
vir sy lede moontlik te maak om volhoubaar met bokke te boer en die ras te verbeter. Die  oorspronklike  BosveldBoerbokklub  is  reeds  in 1964 onder leiding van mnr. Jan Segers van Louis Trichardt gestig, maar  die  klub  het  ná  ’n  paar jaar  ontbind.  In  1980  het  dit
as  die  Noord-  en  Noordwes-Transvaalse  Boerbokklub  herleef, hierdie keer met die stukrag van mnr.


’n Mooi Boerbokram.
(Foto: Annemarie Burger)


Die klub se embleem.



Hans Nel van Ellisras. Met die totstandkoming van die Sentrale  Binnelandse  Boerbok-klub in 2003 het hulle ’n deel van hul  gebied,  oordwes,  verloor en was dit ’n logiese besluit om die naam weer na die BosveldBoerbokklub te verander. Dit het in 2005 gebeur danksy die volgehoue en harde werk deur mnr. Tobie Fourie van Louis Trichardt, wat van 1995 tot 2005 voorsitter was. Die klub het toe 39 lede
gehad.  Mnr.  Jan  Hofman  van Makwassie het daarna by hom oorgeneem. Mnr. Johan Boshof van Marble  Hall  is  nou  die  voorsitter.
Die res van die bestuur bestaan uit mnre. Douw van der Merwe van  Pretoria  (ondervoorsitter), André  Pienaar  van  Mookgopong (Naboomspruit; sekretaris) en die gewone lede mnre. Juan Kruger van Mookgopong, Ruan Smith van Polokwane (Pietersburg), Scott Mofett van Rustenburg en Josef Kleynhans van Lephalale (Ellisras).

Die klub het sowat 120 lede met altesame 12 000 ooie. Nie almal is stoettelers nie. Die klubgebied se grense is die gedeelte van Noord-
wes noord van die N4 nasionale pad, insluitende Rustenburg en Brits, die hele Limpopo, Mpumalanga noord van die N4 en Gauteng noord van die N4 asook die hele Pretoria. Enige Boerbokteler van elders in die land kan egter aansluit en aan die klub se skoue en veilings deelneem. Boshof  dien  sedert  2004  in die bestuur. Hy en nog ’n jong man,  mnr.  Joubert  Fourie,  het kragte saamgesnoer om die klub
se werksaamhede en nut vir die lede uit te brei. Hul uitgangspunt was dat as die lede meer bokke wil verkoop, wat ’n belangrike lewensaar vir ’n bokboer is, moet die getal telers en ooigetalle vermeerder

ONDER: Mnre. Johan Boshoff (regs) en André Pienaar by ’n paar van Pienaar se bokke.


ONDER:  Boerbokke gedy nie net op natuurlike weiding nie, maar pas ook uitstekend op aangeplante weiding aan. Hier wei ’n klompie bokke op raaigras.


Die klub het in 2003 net een skou en een veiling per jaar ehad. Nou is daar vier skoue en sewe veilings per jaar, versprei oor die gebied, danksy die skerp toename in die ledetal en getal bokke in hul besit. Soos uit hierdie getalle gesien kan word, het hul veldtog gewerk.
“Dit het die bal aan die rol gesit, want die kommersiële telers het toe ook gevra om veilings onder die klub se vaandel te hou. Hulle koop immers stoet-ramme op ons stoetveeveilings. Daarom het ons met kommersiële veilings begin, wat tot die stoet- én kommersiële boere se voordeel is,” sê Boshof. Hy was in 2005 sekretaris, verlede jaar ondervoorsitter en het vanjaar voorsitter geword. “Die kommersiële veilings is ook ’n u  mbelangrike afsetpunt vir ons kuddeboere se ooie. ”Die  goeie  pryse  wat  op  die klubveilings behaal word, is ’n
bewys dat dit goeie veilings met goeie bokke is en dat die klub  se bemarkingsvelhbg    dtog suksesvol is. Daar is groot belangstelling in die klubveilings vanuit die opkomende-boer-sektor, ook uit ander Afrikalande.’n Belangrike manier om siektes te bekamp, is om met angepaste diere  te  boer.  Daarom  verskaf hulle onder meer inligting in hul veilingsb osjures daaroor, soos of ,’n teler in hartwatergebied boer f nie. Hartwater  svir van die grootste veeverliese in die Bosveld verantwoordelik. Veral jong telers is dalk nie so ingelig nie en kan per abuis bokke koop wat nie teen hartwater bestand is nie.
Dan kan sulke bokke dalk vrek as ’n bosluis hulle byt.
 Die klub se lede kommunikeer veral baie oor siektes met mekaar en  maak  ook  van  veeartse  en kundiges van dieregesondheidsmaatskappye gebruik om die lede op die hoogte van siektebestuur te hou. Ooie wat vir een van die klub se stoetveeveilings bestem is, moet voor die skou gesonar word om te bepaal of sy dragtig is.

 Dié bokras is baie vrugbaar.
Hier laat suip ’n Kalahari Red-ooi haar drieling.



Ou ooie (sestand en ouer) wat nie dragtig is nie, word nie vir stoetveilings aanvaar nie. Veilingsramme  word  op  die veilingsperseel vir vrugbaarheid getoets deur ’n veearts wat deur die klub aangewys word. Onvrugbare ramme word nie op die veilings aangebied nie. So beskerm die klub die kopers op die veilings. Pienaar,  wat  in  2006  tot  die bestuur verkies is, sê hulle het hul bemarkingsaksies verder uitgebrei deur boeredae in verskillende streke te hou. “Ons het ons bokke na die mense toe geneem,” verduidelik  hy.  Hulle  hou  ook
uitstallings op skoue en feeste om die klub en die Boerbok wyer bekend te stel.

Verlede jaar het Pienaar ’n webblad vir die klub ontwerp, wat lewendig gehou word om die belangstelling te behou. Inligting en
foto’s van hul doen en late word daagliks  bygevoeg.  Mense  kan vrae oor enigiets oor die SA Boerbok en Kalahari Red vra. Die vrae
word deur kundiges beantwoord. Veeartse beantwoord vrae onder ’n  skuilnaam,  naamlik  Dokter Bok. Die webblad verskaf ook skakels na ander bronne van inligting,  soos  Landbouweekblad se  webblad  landbou.com,  met erwysing  na  artikels  oor  die bokras, siektes en voeding. Dit lok baie besoekers en in Junie was daar by twee geleenthede meer as 10 000 besoeke per dag. Van die besoeke is vanuit die buiteland, terwyl die lede en selfs Boerboktelers van ander plekke in die land ook gereeld gaan kyk wat op die webblad aangaan.


Daar is groot belangstelling in die klubveilings vanuit die opkomende-
boer-sektor, ook uit ander Afrikalande.

Hulle het verder ’n elektroniese nuusbrief,  Bokkie  Blêêêêr,  wat elke kwartaal die lig sien en die gewildste van al hul publikasies is. Daarin word onder meer aandag aan sosiale sake en prestasies op skoue en veilings gegee. Dit bevat ook artikels en verslae oor
boeredae,  resepte,  terugvoering van besoeke aan telers in ander streke en aktuele sake. Die  klub  bied  twee  keer  per jaar ’n kursus vir junior lede aan waarin die aandag op onder meer rasstandaarde  en  bestuur  val. Twee van hul vroulike lede, mee. Tania Botha en Lisa van Staden, is reeds gekies om as ringbeamptes op te tree, die eerste vroue in die klub wat dit vermag. Hulle was gedurende Augustus op BelaBela (Warmbad) se skou en vandeesmaand op die Tshwane-skou in Pretoria bedrywig. Die  klub  lok  voortdurend
nuwe lede, selfs mense wat nog nie  voorheen  met  Boerbokke geboer het nie. “Ons sal byvoorbeeld  probeer  om  ’n  beesboer
te oortuig dat dit in sy belang is om Boerbokke aan te hou omdat hulle ’n ander deel van die veld  (bosse  en  struike)  benut
en só die veld se drakrag en die boerdery se winsgewendheid verbeter,” sê Pienaar.

Boerbokke help ook om bosindringing  te  bekamp  deurdat hulle struike en bosse se blare aggressief benut. Die klublede boer ook met die Boerbok se twee ander boeties,die SA Kalahari Red en die Savanna.  Benewens  kleur  is  die rasstandaarde vir die drie bokke
baie dieselfde. Die verskil is dat die Boerbok ’n rooi kop moet hê, terwyl die Kalahari Red rooibruin is en die Savanna ’n wit bok is.
Die Kalahari Red staan sterk in die streek en die meeste Suid-Afrikaanse telers van dié bokke kom in die Bosveld voor. Daarom het die SA Boerbok-telersge-nootskap besluit om die Kalahari Red se nasionale jaarvergadering voortaan in Pretoria te hou en die nasionale veiling vanaf volgende jaar ook in dié stad aan te bied. Die lede is interaktief en ruil gereeld inligting uit, soos oor siektes en die bekamping daarvan. Die antwoorde kom vinnig as iemand ’n probleem op die webblad opper."

Navrae: Mnr. André Pienaar,
E-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. ,
Webblad: www.bosveldboerbokklub.com.

 

Click Here for PDF Version