Preparing for Kalahari Red shows

Volgens baie mense is om te skou In geval van die beste voerder of hanteerder. As dit wei die geval as, sou skou soos piekniek gewees het. Die werklikheid is dat dit baie harde werk en toewyding vereis en dat jy hare op jou tande moet he.

Kom ons begin by die begin

1. U moet weet wanneer die skou of skoue is waarvoor u wil voorberei, wat bepaal wanneer die bokke begin voer word.

  1. Dit hang van die kondisie van die bokke af en of hulle gewoond is aan voerkraal toestande. Bokke wat reeds voorheengeskou het, kan binne 3 maande afgerond word, anders neem dit langer - selfs tot 6 maande.
  2. 4-Tand ooie en ouer moet sigbaar dragtig wees of lammers tydens In skou soog. Dit kom daarop neer dat u die groep ooie 3-4 maande voor die skou moet paar. Wees egter gewaarsku, te swaar dragtige ooie vervoer moeilik en raak gou skou sku.
  3. Voer ramme vir In skou liefs in groepe van 5-7. As groepe groter word, groei hulle nie na wense nie a.g.v. seksuele aktiwiteite. Groter ramme moet ook waar moontlik weg van ooie gevoer word. Onthou ramme kan in dekseisoen 10-15 kg verloor net deur bronstige ooie te ruik.
  4. Ooie kan in groter groepe verdeel word. In Goeie praktyk is om hulle in ouderdomsgroepe op te deel.

 

2. Sny van hoewe of kloue

  1. Ongeveer elke 3 weke, afhangende van hoe nat of droog u toestande is. Die terrein waar diere loop, speel ook 'n rol. Op harde terrein sal hulle kloue minder gereeld gesny word.

 

3. Trim bokke 2 - 3 dae voor skou. Wat word weggetrim?

  1. Hare wat In knop voor die kop vorm.
  2. Hare op die nek (maanhaar).
  3. Hare by voorbene, kroontjie onder by die pens en hare by agterbeneword net effens getrim. U kan ook stert hare trim.
  4. Bokke word ook gekam om al die dons hare te verwyder.

 

4. Trim of skuur van horings:

  1. Skerp rif op horings kan weg gerasper of geskuur word. Horings as geheel kan glad geskuur word.

 

5. Beplanning van skou span

  1. U het reeds die beste groep bokke geselekteer om vir die skou te voer.
  2. Nou weeg u die bokke en haal die bestes uit in elke gewigs of tandklas, bv. 4t of 6t, of soos in die buiteland, volgens elke ouderdomsklasse. u het. Moet nooit die bok sleep nie; dit kan sy kootgewrigte pap maak.
  3. Op hierdie stadium kan u niks meer doen nie. Neem u prys en gee pad uit die ring uit!
  4. Skou is verby. Hopelik het u iets uit die beoordeling geleer, indien nie. Vergeet die skou dadelik en gaan na die volgende een.
  5. As u bokke die korrekte bouvorm, groei vermoë, grootte en goeie bene het, kan u hulle komplimenteer met goeie kondisie.

 

6. Was van die bokke.

  1. Die dag voor die skou was u die betrokke bokke met gewone skottelgoedseep. Nou is u bokke pragtig wit en skoon en gereed vir die skou.
  2. 'n praktiese wenk: Spuit maar elke bok wat u wil skou die aanbevole dosis antibiotika voor u hulle was en na die skou vervoer. Dit spaar u baie skade en trane, want dit voorkom longontsteking en Pasteurella, en verminder stres.

 

7. U arriveer by die skou.

  1. U senuwees is op. Is my bokke goed genoeg, vet genoeg, mooi genoeg en groot genoeg? Toemaar, dit is normaal!
  2. Laai die bokke af en sit hulle in dieselfde groepe as by die huis in die skou hokke. Hulle ken mekaar.
  3. Moet nooit te veel bokke in een hok sit nie; hulle moet vir 2 tot 4 dae daar bly.
  4. Gee presies dieselfde voer as by die huis.
  5. Smeer al die bokke se horings en rooi areas met gewone motorolie om glans te gee.

 

8. Beoordeling begin

  1. Maak seker u neem die regte bok vir die regte gewigsgroep of ouderdom.
  2. Wanneer u of u hanteerder die bok in die ring los, wys hom vir die Beoordelaar en wees trots op hom. Dis immers die beste wat pryse kry. As dit nie die geval is nie, kan u hulle tot in die ewigheid voer en u sal nie sommer wen nie. Die spreekwoord se: "Feeding is half the breeding, but never forget the breeding!".